'n Baie praktiese en handige moet-hê is 'n ordentlike kamerasak waarin jy al jou kameras en bybehaore kan pak. Die rugsak-tipe is baie handig aangesien jy dit op jou rug kan dra en jou hande vrylaat om te doen wat hulle moet doen. Koop altyd 'n bietjie groter as wat jy op daardie oomblik nodig het. Daar kom dalk altyd later nog 'n stukkie toerusting by. Dis ook handig om jou motorsleutels en water in te pak as jy in die bos gaan stap.
Monday, November 30, 2009
Sunday, November 29, 2009
Nog "toerusting" wat help om jou kamera te stabiliseer in swak lig (en wat as 'n gewoonte gekweek moet word en onder alle omstandighede gebruik moet word) is om jou elmboë teen jou lyf in te trek om die kamera te stut, jou asemhaling te reguleer en op te hou wanneeer jy die foto neem. Gebruik ook enige beskikbare item in die omgewing om te help met die stutwerk. Gebruik ook die laagste moontlik f-stop om jou sluiterspoed so hoog moontlik te kry.
Thursday, November 26, 2009
Nog 'n siening waarin ek glo - en dit ook al bewys het - is dat mens beter fotoresultate kry met 'n "swakker" kamera met 'n goeie lens op as met 'n goeie kamera wat 'n swak lens ophet. Die lens is dus die mees kritiese gedeelte van jou kameratoerusting. Belê dus eerder in 'n goedkoper SLR en spaar jou geld om die heel beste lens te koop. Die lens hou jy vir 'n leeftyd, maar teen die spoed wat tegnologie verander EN goedkoper word, is die gemiddelde leeftyd van 'n digitale SLR kamera maksimum 3 jaar (en "that's pushing it!"
Wednesday, November 25, 2009
Die volgende stukkie toerusting wat in die die driepoot se kategorie val t.o.v. die beperking van kamerabeweging in swak lig, is 'n "remote release. Ook genoem shutter of cable release". Dit gee jou die vermoë om die foto te neem sonder om die kamera se sluiterknoppie te druk. Hoekom is it nodig? Omdat die kamera in swak lig baie meer sensitief is vir beweging en indien jy terselfdertyd 'n "lang" lens gebruik, raak die geringste beweging 'n saak van belang. Selfs die druk v/d sluiterknoppie kan onnodige beweging veroorsaak en jou foto bederf. Indien jy dan die "cable release" gebruik, word hierdie risiko uitgeskakel. Sommige kameras het ook 'n draadlose afstandbeheer wat vir dieselfde doel gebruik kan word.
WENK: Indien jy in 'n situasie is waar beweging krities is en jy het nie 'n "remote release" nie kan jy die camera se "selftimer" gebruik om die sluiter af te sit.
WENK: Indien jy in 'n situasie is waar beweging krities is en jy het nie 'n "remote release" nie kan jy die camera se "selftimer" gebruik om die sluiter af te sit.
Monday, November 23, 2009
Die volgende toerusting verskaf nie meer lig per se nie, maar help om steeds goeie resultate in swak lig te kry, want onthou hoe minder lig, hoe stadiger die sluiterspoed en hoe hoër dus die risiko van "blur" a.g.v. kamerabeweging.
Dus, die eerste en noodsaaklikste stuk toerusting behalwe jou kamera en lense, is 'n stewige driepoot. Driepote is nie net handig in swak lig nie, maar behoort sovêr moontlik vir die meeste van jou fotos gebruik te word. In gevalle van makro- en mikrofotografie is dit uiters noodsaaklik.

Saturday, November 21, 2009
Die volgende stuk toerusting wat gebruik kan word om lig op jou onderwerp te vermeerder, is 'n weerkaatser (reflektor). 'n Goeie weerkaatser het verskillende lae wat met 'n ritsluiter vasheg. Die mees agemene lae is silwer en goudkleuring. Die basislaag bestaan uit 'n dun deurskynende materiaal wat as 'n "diffuser" in skep sonlig gebruik kan word. 'n Tipiese grootte weerkaatser het 'n deursnee van 1 meter. Hierdie weerkaatsers kan opvou tot 'n grootte van ongeveer 300mm en binne-in 'n drasak gebêre word.
Friday, November 20, 2009
Fotografiese toerusting wat meer lig verskaf
Die volgende noodsaaklike stuk toerusting in hierdie verband is 'n elektroniese flits. Weereens soos in die geval van lense is dit die beste om die sterkste flits wat bekostig kan word aan te skaf. Op 'n stadium - veral in geval van natuurfotografie - word lig oor 'n langer afstand benodig. Hier kom die sterker flits dan handig te pas. Voorts kan die flits se reikafstand verder verleng word m.b.v. 'n "flash extender". Dit bestaan uit 'n plastiese ekstensie wat vooraan die flits met valcro vasgeheg word. Oor die voorkant v/d ekstensie is 'n plastiek konvekse lens wat die lig v/d flits verder konsentreer.
Thursday, November 19, 2009
My filosofie oor kameratoerusting
Die basis van fotografie is lig. Die beginsel is dus ook hoe meer lig hoe beter. Daarom gee ek prioriteit aan die aspekte van toerusting wat my die maksimum hoeveelheid lig kan gee met elke foto wat ek neem. Natuurlik is daar uitsonderings, maar hulle kos meestal min of niks om te hanteer. Voorts noodsaaklik b.g. filosofie dan ook toerusting wat help om te kompenseer in gevalle waar daar te min lig is.
Kom ons kyk na toerusting m.b.t. elk v/d b.g. aspekte.
1. Die eerste stuk toerusting wat help om "meer" lig te verskaf is lense met 'n groot lensopening (lae f-stop). Tipiese lense in die verband is "vinnige" lense met tipies 'n maksimum lensopening van f 2.8. Daar is ook lense met 'n f-stop so laag as f 1.2 en laer. Omdat hierdie lense se opening so groot oopmaak, laat dit meer lig in en kan mens gevolglik 'n hoër sluiterspoed op die kamera gebruik.
Die kompromie is egter dat hoe laer die f-stop van 'n lens, hoe duurder word dit. Die prysverskil is nogal dramaties bv. 'n 300mm lens met max f-stop van 5.6 sal ongeveer R4000.00 kos terwyl 'n 200mm lens van f-stop 2.8 in die omgewing van R18000.00 kos.
Môre kyk ons na nog toerusting wat meer lig verskaf.

Wednesday, November 18, 2009
Eerste inskrywing
Captains log starting...
Ek sal graag wil praat oor die toestand in SA, maar om vele redes - o.a. 'n onderwerp wat in legio blogs en webwerwe ad nauseum bespreek word asook dat dit 'n BAIE negatiewe (en donker...) kwessie is, om hierdie twee redes dus gaan ek oor my passie vir digitale fotografie praat asook my gunsteling stukkie sagteware naamlik Photoshop en dan natuurlik oor die Kruger Wildtuin. Die drie is vir my onafskeidbaar (onafskeibaar?) aangesien dit deel van 'n volledige proses vorm.
Nou ja, môre se inskrywing handel oor die gereedskap van digitale fotografie en my filosofie rondom dit.

Subscribe to:
Posts (Atom)
Hippo-play in KNP