Welcome to the all Africa blog with informative articles about photography in the South African country and Wildlive Reserves.

Thursday, November 19, 2009

My filosofie oor kameratoerusting

Die basis van fotografie is lig. Die beginsel is dus ook hoe meer lig hoe beter. Daarom gee ek prioriteit aan die aspekte van toerusting wat my die maksimum hoeveelheid lig kan gee met elke foto wat ek neem. Natuurlik is daar uitsonderings, maar hulle kos meestal min of niks om te hanteer. Voorts noodsaaklik b.g. filosofie dan ook toerusting wat help om te kompenseer in gevalle waar daar te min lig is.

Kom ons kyk na toerusting m.b.t. elk v/d b.g. aspekte.

1. Die eerste stuk toerusting wat help om "meer" lig te verskaf is lense met 'n groot lensopening (lae f-stop). Tipiese lense in die verband is "vinnige" lense met tipies 'n maksimum lensopening van f 2.8. Daar is ook lense met 'n f-stop so laag as f 1.2 en laer. Omdat hierdie lense se opening so groot oopmaak, laat dit meer lig in en kan mens gevolglik 'n hoër sluiterspoed op die kamera gebruik.

Die kompromie is egter dat hoe laer die f-stop van 'n lens, hoe duurder word dit. Die prysverskil is nogal dramaties bv. 'n 300mm lens met max f-stop van 5.6 sal ongeveer R4000.00 kos terwyl 'n 200mm lens van f-stop 2.8 in die omgewing van R18000.00 kos.

Môre kyk ons na nog toerusting wat meer lig verskaf.

No comments:

Post a Comment


Hippo-play in KNP